Probeer gerus die hoerder resep. Dis lekker en maklik…
1 Groot hoender (sag gekook en ontbeen)
½ Pakkie spek (gesnipper)
2 Uie (gekap)
2 Tamaties (geskil en gekap)
2 Soetrissies (green peppers) (gekap)
1 Blikkie sampioene (gedreineer, hou vloeistof eenkant)
1½ Koppies rys
1 Pak hoendernoedelsop
1 Pak hoenderroomsop
Metode:
Braai die spek, uie, tamaties en soetrissies saam.
Voeg saam met sampioene by hoender.
Braai die rys in dieselfde pan.
Kook die twee pakke soppoeier in 1 liter vloeistof (vloeistof van sampioene, hoender en ekstra water).
Kook die rys ook ‘n rukkie in die vloeistof.
Meng alles saam en bak teen 180C.




