Die Juffertjie…

Die Kaalgeskeerde Juffertjie…

Die staaltjie het hom jare gelede op ‘n plattelandse dorpie af gespeel.

Die oom en tannie se kinders was al uit die huis en die twee besluit om ‘n
loseerder in te kry om die stilte in die huis te verlig. Hulle dink aan ‘n
jong juffroutjie wat by die plaaslike skool skoolhou.  Die tannie maak toe
‘n draai by die skool en lig die sekretaresse in dat hulle ‘n loseerder sal
inneem indien daar ‘n navraag is.  Nie lank nie en daar is navraag van die
jong juffroutjie.

Sy besoek die oom en tannie en sy gee te kenne dat sy van hul aanbod
gebruik gaan maak. Die juffroutjie het sommer dadelik van die oom en tannie
gehou.

Die eerste aand vra sy waar is die badkamer want sy will graag bad. Dit was
‘n lang en stowwerige reis. Die tannie sê toe hulle het nie ‘n geyser in
die huis nie en moet vir haar water op die stoof  warm maak.  So gedoen en
so maak reg om te bad. Sy vra sommer die tannie om by haar te sit as sy
bad.

Terwyl hul so gesels en sy bad merk die tannie op dat die juffroutjie kaal
geskeer is op ‘n strategiese plek. Vra toe: ” Juffrou dit het niks met my
te doen nie maar hoekom skeer jy jou so kaal.”

” Sien tannie met die sport wat ons beoefen en klere wat ons aantrek werk
dit net beter. “

Die aand vertel die tannie dit vir die oom. Die oom sê hy sal die affêre
graag wil sien en vra die tannie of sy nie kan plan maak nie. Besluit dat
die tannie met die badwater gaan wag die volgende aand totdat die oom van
die kerkraadsvergadering af kom en dan sal sy die venstergordyn so ‘n
entjie ooplos.

Alles werk toe soos beplan en toe die tannie dink die oom is terug van die
kerkraadsvergadering maak sy die badwater reg en gaan sit weer saam met die
juffrou in die badkamer terwyl sy bad.

Op ‘n stadium toe sy dink dit is die regte tyd vra die tannie toe of sy
weer na die kaal geskeerde affêre kan kyk. Die juffrou is ook nie links nie
en wys vir die tannie. Die juffroutjie vra toe op haar beurt of die affêre
as mens ouer word ook grys word. Ja sê die tannie. Vra of sy kan sien. Die
tannie is ook nie links nie en tel die rok op en  trek die panty af om vir
haar te wys.

Later die aand na die bad sien die tannie die oom maar hy lyk dikbek.
Vra toe: ” Pa het jy dit toe gesien” Hy antwoord toe: ” Was dit nou nodig
om jou ou grys koek vir die hele kerkraad te wys??????”

2 Kommentaar

  1. Spook het gesê,

    Oktober 29, 2008 at 3:11 nm

    :lol:

  2. alta het gesê,

    Oktober 30, 2008 at 2:13 vm

    :)


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.